Rooi Garde

Rooi Gardes
Die woorde van Mao. Baie Rooi Gardes het die Klein Rooi met hulle saamgedra.
Die woorde van Mao. Baie Rooi Gardes het die Klein Rooi met hulle saamgedra.
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   紅衛兵
Vereenvoudigde Chinees   红卫兵
Pinyin Hóng Wèibīng

Die Rooi Gardes was ’n sosialistiese, halfmilitêre studentebeweging wat tussen 1966 en 1967 tydens die Kulturele Rewolusie deur Mao Zedong in gemobiliseer is.[1]

Volgens ’n Rooi Garde-leier was die doel daarvan soos volg:

Voorsitter Mao het ons toekoms gedefinieer as ’n gewapende rewolusionêre jeugorganisasie ... As Voorsitter Mao dus ons Rooi bevelvoerder is, wie kan ons keer? Eers sal ons China geheel en al Maoïsties maak en dan sal ons werkers van ander lande help om die wëreld rooi te maak ... en dan die hele heelal.[2]

Hoewel die Rooi Gardes in die begin teenstand ervaar het, het hulle Mao se persoonlike steun gehad en die beweging het vinnig gegroei. Mao het vir propagandadoeleindes van die groep gebruik gemaak en om doelwitte te bereik soos die vernietiging van simbole uit China se verlede voor kommunisme, insluitende antieke artefakte en grafte van adellike Chinese. Die regering was baie toegeeflik teenoor die Rooi Gardes en hulle is selfs toegelaat om mense wat as andersdenkend beskou is, fisiek aan te rand. Die beweging het gou handuit geruk, en het dikwels met mense in magsposisies gebots en die openbare veiligheid bedreig totdat die regering die jeugdiges aan bande gelê het. Daar was ook interne gevegte in die beweging namate faksies gevorm het. Teen einde 1968 het die groep as ’n formele beweging ophou bestaan.

  1. Teiwes
  2. Woei Lien Chong, China's great proletarian Cultural Revolution: master narratives and post-Mao counter narratives, p. 105, 2002

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search